Online Kasino South Africa
Internet Kasino Beginners
Is dit jou eerste aanlyndobbel ervaring? Is jy verward oor die honderde aanlyndobbel webwerwe wat vir jou gratis geld aanbied? Voel jy ʼn bietjie onseker om jou kredietkaart aanlyn te gebruik? As jou antwoorde op hierdie vrae “ja” is, is daar riglyne wat vir beginners tot aanlynspele gerus sal stel en word daar volledig verduidelik hoe om al hierdie onsekerhede uit die weg te ruim.

Eerstens moet jy verstaan dat aanlynkasino’s dieselfde soos tradisionele kasino’s werk. Jy gebruik geld vanaf jou kredietkaart of enige e-geldopsie; die kasino gebruik willekeurige nommerverwerkings om die uitslae van die kasinospele te bepaal. Slegs spelers van agtien jaar of ouer mag dobbel; dis die wet!

1. Aanlyndobbel reёls
Voordat jy met aanlyndobbel begin, moet jy eers bevestig of aanlyndobbel in jou omgewing wettig toelaatbaar is. Kontak jou plaaslike owerheid indien jy onseker is.

2. Leerken jou aanlynkasino en wees nuuskierig
Voordat jy by ʼn kasino aanmeld moet jy ʼn paar belangrike vrae antwoord: is dit ʼn nuwe kasino of ʼn ou een? Watter maatskappy besit die kasino and wie bestuur dit? Waar is hulle lisensie uitgereik? Wat is hulle reёls en wat is die verskillende banke se reёls ten opsigte van depositos en onttrekkings? Wat is die beleid omtrent bonusse? Kan jy iemand nader wanneer jy hulp benodig; dit is ʼn teken van goeie besigheidspraktyk.

3. Speel eers gratis
Watter tipe kasino jy ookal kies, sal jy beslis die geleentheid gegun word om te kies of jy “gratis speel” of vir geld speel. Speel vir eers gratis om die gevoel van die spel te kry en dit te verstaan; daarna kan jy ernstig begin deelneem. Die kasino mag aandring dat jy ʼn rekening oopmaak voordat jy ernstig begin speel; moet jou nie hieroor bekommer nie, dit is roetine en het meer te doen met die kasino sagteware (hulle kan nie jou bankkaart debiteer sonder jou bank inligting nie). Die kasino mag ook vra dat jy ‘n tweede rekening oopmaak wanneer jy ernstig begin speel; weereens is dit roetine en dit verseker dat jou gratis spelery en jou betaalbare spelery apart gehou word.

Jy moet seker maak dat jy by die regte rekening aanmeld wanneer jy aanlyn speel. Daar is ook kasino’s wat jou die nodige geld voorskiet vir jou eerste ernstige spel; jy moet gerus vir hierdie kasino’s op die uitkyk wees en probeer.

4. Aanbiedings en bonusse
Meeste van die aanlynkasino’s – indien nie almal nie – gee groot bonusse vir nuwe spelers as ook gewone spelers. Dis nie ongewoon vir ʼn kasino om bonusse van $ 1000 te gee nie. Aanlynkasino’s kan sulke groot bonusse aanbied omdat hulle minder onkostes; minder personeel; minder toerusting, ensovoorts het.

Dit is belangrik dat jy die terme en vereistes nagaan, want daar is gewoonlik terme en vereistes geheg aan die uitbetaling van bonuse en onttrekkings. Hierdie terme en vereistes is gewoonlik op die kasinowebtuiste en ingesluit by die e-pos van die kasino. In geval van onsekerheid omtrent hierdie inligting moet jy die kasino se hulpdiens kontak vir verduidelikings van die reёls asook ‘n paar voorbeelde.

5. Die uitbetalings
Dit is belangrik dat jy bevestig hoe die kasino uitbetalings doen. Hoe lank dit sal wees voordat die kasino uitbetaal; wat is die metode van uitbetaling en is daar enige onkostes aan die uitbetalings geheg. In die geval wanneer jy die boerpot loslaan is dit wys dat jy van hierdie inligting bewus is.

6. Die ondersteuning
Dit is a goeie idée om navraag te doen oor hoe die kasino se klientedienste werk en hoe hulle probleme oplos, voordat jy aanteken of ‘n geldlike deposito maak. Bevestig of hulle bekwaam is, kennis het en behulpsaam is, asook wanneer en hoe beskikbaar hulle is. Jy moet hulle per telefoon en e-pos kan nader. Sommige kasino’s het “live chat” hulp en dit is soveel beter. Doen navraag oor engige tolvrye kontaknommer wat beskikbaar is. Die kasino se webtuiste behoort al hierdie inligting te hê. Meeste kasino’s se kliëntediens is elke uur van elke dag van die jaar beskikbaar.

Aanlyndobbel is hier om te bly – dis prêt, altyd beskikbaar en die kanse om te wen is groter as by ʼn landelike kasino. Sterkte! En onthou: Wenners weet wanneer om te STOP!!
 

Nuwe Rand Kasinos

Online Kasino South Africa
Online Kasino South Africa